Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie

Al sou die vyeboom nie bot nie
En daar geen druiwe aan die wingerde wees
Al sou die olyfoes misluk
En die lande geen oes lewer nie.
Al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie
En die beeskrale sonder beeste wees,
Nogtans sal ek in die Here jubel,
Sal ek juig in God, my Redder.
Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok,
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok,
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

En al sou dit donker word hier rondom my
en dit voel of U hand verwyder is van my
sal ek op U vertrou
Habakkuk 3:17-19
CCLI-1219552